Hulle het almal onlangs vir 'n spesiale erediens bymekaar gekom om hul kerk se sesde verjaardag te vier. Die proses om 'n gemeente bymekaar te kry, het begin nadat 'n paar vroue uit die Blanco-gemeenskap, Jenny Matthys en haar ma, Sabina van Tonder (nou oorlede), asook Maria Minnaar en Clara Bezuidenhout (ook reeds oorlede) vir pastoor Danny Booysen genader het oor die moontlike stigting van 'n kerk. Saam met Jenny se dogter, Jody-Ann (toe sewe jaar oud) en Roelene van Rooyen het hulle sewe lede opgemaak.
Tydens die onlangse viering is 'n banier om die geleentheid te gedenk aan die pastoorspaar oorhandig voordat 'n reusekoek opgesny is en die gemeente oor koek en tee gekuier het.
Dienste word Sondagoggende om 09:00 in die Blanco-gemeenskapsaal gehou.
Die gemeente het 'n spesiale diens gehou om hul verjaardag te vier.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'