GEORGE NUUS - Lede van die Pacaltsdorp-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en buurtwag, onder leiding van die GPF-distriksvoorsitter Isaac Felix, en ander betrokkenes, het die Walking Bus-projek op Donderdag 8 September by Delvillepark Primêr en Hoërskool Pacaltsdorp, bekendgestel.
Die projek behels die begeleiding van leerders soggens en in die middae na skool.
"Ons beoog om die projek ook na die Pacaltsdorp Primêr en New Dawnpark Primêr te neem binne die volgende week of twee," sê Felix.
Die span het ook tydens die naweek, tot in die vroeë oggendure, patrollies gehou. "Die doel van die patrollies is om minderjariges by tavernes en nagklubs te identifiseer en ons strate veilig te hou.
Sommige inwoners is ook vir gevaarlike wapens deursoek," sê Felix. Op Saterdag was meer as 40 lede by die patrollie teenwoordig. Tydens dié periode is min of geen misdade gerapporteer.
Die span wat tydens die afgelope naweek die strate van Pacaltsdorp gepatrolleer het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'