GEORGE NUUS - Die hoof van Parkdene Sekondêr, Derick Petersen, is baie tevrede met sy 2022-matrieks se slaagsyfer van 81,2%.
"Dis min of meer dieselfde as verlede jaar. Ons moet onthou dat die kinders deur drie jaar van Covid kom en ons kon nie aanlyn klasgee nie. Ondanks dit, het die kinders baie goed gedoen.
In sekere kernvakke het ons 'n 100%- slaagsyfer. Ons is baie dankbaar."
Parkdene Sekondêr se top-10-matrieks is soos volg:
- Ronaldo Oelf (hoofseun)
- Beula Magani
- Maxlin Plaatjies
- Jamelia Lukas (hoofmeisie)
- Lifah Madumane - onderhoofseun
- Keannon Saaiman
- Rashida Hendriks
- Darin Maton
- Lorronique Arries
- Achantai Titus
Leighton Pretorius van Parkdene Sekondêr se prestasie in besigheidstudies het sy opvoeder, Ian le Roux baie trots gemaak.
Ronaldo Oelf, topmatriekleerder en hoofseun van Parkdene Sekondêr, word gelukgewens deur sy ekonomie-opvoeder, André Jansen met sy onderskeiding in die vak.
Vreugde as jy met universiteitstoelating slaag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuuus'