GEORGE NUUS - Die hoof van Parkdene Sekondêr, Derek Petersen is baie tevrede met sy 2022-matrieks se slaagsyfer van 81,2%.
"Dis min of meer dieselfde as verlede jaar."
Ons moet onthou dat die kinders deur drie jaar van Covid kom en ons kon nie aanlyn klasgee nie. Ondanks dit, het die kinders baie goed gedoen. In sekere kernvakke het ons 'n 100%-slaagsyfer. Ons is baie dankbaar."
Parkdene Sekondêr se top-10-matrieks is soos volg:
1. Ronaldo Oelf (hoofseun)
2. Beula Magani
3. Maxlin Plaatjies
4. Jamelia Lukas (hoofmeisie)
5. Lifah Madumane - onder-hoofseun
6. Keannon Saaiman
7. Rashida Hendriks
8. Darin Maton
9. Lorronique Arries
10. Achantai Titus
Ronaldo Oelf, hoofseun van Parkdene Sekondêr 2022 word gelukgewens deur sy Ekonomie-opvoeder, André Jansen met sy onderskeiding in die vak.
Vreugde as jy met universitetstoelating slaag.
Esethu Hanson (middel) en Keenan Saaiman het uitstekend presteer in Wiskundige Geletterdheid. By hulle is hul onderwyser, by Parkdene Sekondêr, me Stuurman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'