GEORGE NUUS - Die Palissander-kamerkoor van Pretoria tree op 16 Augustus om 18:30 in die NG Moedergemeente in George op saam met die Eden-camerata en die George-mannekoor.
Palissander is een van Suid-Afrika se toonaangewende kamerkore en staan onder leiding van Sarita Hauptfleisch. Die koor geniet wye internasionale erkenning.
Sing like a planet, die ongewone titel vir hul 30-jaarfeesprogram, is geïnspireer deur die feit dat planete spontaan klank maak soos hulle deur die hemelruim beweeg.
Vanjaar vertel die feesprogram van dié musiek van die planete en van hul eie palissandertaal.
Hulle sing oor die natuur, liefde, vreugde en vrede in 'n mengsel van opwindende nuwe werke en ou gunstelinge.
Die program sluit 'n wye verskeidenheid van style in onder andere koorwerke deur Ola Gjeilo, Joshua Shank en Eric Whiacre, asook ligter musiek van Laurinda Hofmeyr en Louis Brittz – en selfs na Queen se Bohemian Rhapsody!
Daar word 'n deurkollekte gehou, wat as ingangsfooi dien.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'