GEORGE NUUS.- Die MR355, Saasveldpad is vir die vakansie gesluit. Na die vakansie sal weer na die situasie gekyk word.
Die pad van George deur 'n asemrowende mooi omgewing tot by Wilderness loop, is op die roete met sement strukture gesluit. Dit is op 9 Desember aangebring.
Dit is in die vakansietyd 'n baie gewilde roete vir vakansiegangers wat dit gebruik om tot by Kaart van Afrika te ry.
Herman Pieters, kommunikasiebestuurder van die Tuinroete distriksmunisipaliteit, het vanoggend 27 Desember by navraag gesê die pad is as gevolg van veiligheids-oorwegings gesluit.
Mense wat die pad wil gebruik en vakansiegangers word versoek om die N2 deur die Kaaimanspas te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’