Gallery
GEORGE NUUS - Hoërskool Pacaltsdorp het vanoggend 90 matrikulante by die skool ontvang. Leerders moes by die skoolsaal aanmeld waar hulle deur personeellede gesif is voordat hulle na hul klaskamers kon beweeg.
Leerders moes 'n vraelys met hul besonderhede voltooi en hulle temperatuur is geneem. Daar is ook twee maskers aan elke leerder gegee.
Die skoolhoof, Clifton Titus, het aan George Herald gesê dat hulle sowat 90 matrikulante, van die 156, vanoggend verwelkom.
"Daar was 'n probleem met die bus wat van ons leerders skool toe moes vervoer, en moes hulle omdraai huis toe. Ons moes ook van die leerders wat opgedaag het, huis toe stuur omdat hulle nie die siftingsproses geslaag het nie, van hulle het 'n hoes gehad of 'n seer keel."
"Die skool gaan slegs fokus op oriëntasie. Die onderwysdepartement het 'n volledige PowerPoint-aanbieding gestuur wat ons met die leerders sal deurgaan. Dit handel onder ander oor veiligheid, hande was, sosiale afstand, ens."
Fotogalery: Hoërskool Pacaltsdorp is oop!
Die skool het leerders in groepe van 22 tot 24 in 'n klas ingedeel. Al hul personeellede is ook by die skool.
Een leerder Anne-Marie Damons, het gesê sy is opgewonde om terug te wees by die skool. "Ek het tydens die inperking bygebly met my werk en vertrou die skool het alles in plek om ons veilig te hou."
"n Onderwysers neem Anne-Marie Damons se temperatuur.
Matrikulante wag buite een van die klaskamers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'