GEORGE NUUSFLITS - Die Pacaltsdorp Tradisionele Kulturele Khoisanraad wil inwoners van Pacaltsdorp mobiliseer om deur protesoptrede aandag te vestig op hul ontevredenheid oor "afskeep dienslewering" en die owerhede wat hulle "oor die hoof sien" wanneer belangrike besluite geneem word.
Hul griewe en 'n toekomstige plan van aksie is verlede week Woensdagaand, 17 Oktober by 'n vergadering by die Eagle's Nest-sentrum onder die loep geneem.
'n Opvolgvergadering word vanaand, 24 Oktober weer by Eagle's Nest gehou.
Daar is groot ongelukkigheid in die Khoisanraad en onder baie Pacaltsdorpers oor hoë misdaadvlakke, die polisie se diens, 'n gebrek aan sosio-ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe, munisipale dienslewering, die power toestand van paaie, gebrek aan behuising, en die ongeregtigheid van die verlede ten opsigte van grondonteiening wat steeds nie reggestel is nie.
Lees meer in Donderdag se George Herald en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'