GEORGE NUUS - Ben Kaptein, 'n bekende in Pacaltsdorp, word die komende Saterdag, 22 Junie, ter ruste gelê. Hy het op 9 Junie by sy woning in Proteastraat, Andersonville na 'n siekbed gesterf. Hy is 'n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer.
Kaptein is op 12 April 1952 in Willowmore gebore en het op 14-jarige ouderdom saam met sy familie na Groot-Brakrivier verhuis.
Hy het as jong man by die Searl-saagmeule op die dorp werk, toe is hy Kaap toe en in 1985 het hy in George as verkoopsagent by George Nissan begin gewerk.
Hy was nou betrokke by die Congregational Church in Pacaltsdorp voordat hy homself as pastoor bekwaam het.
Hy het daarna sy eie bediening, Gateway Ministries, begin. Hier het hy hom beywer om ander te bemagtig en het onder andere 16 kandidaat-pastore van verskillende denominasies na die Nehemia Bybelskool in Stellenbosch te stuur vir opleiding waar 10 kandidate hul kursus suksesvol voltooi het.
Kaptein laat sy vrou, Magdalena (Lenie), met wie hy in 1975 getroud is, en vele aangenome kinders wat hulle oor die jare onder hul vlerke geneem het, agter.
'n Roudiens word vanaand (Donderdag, 20 Junie) by Gateway Ministries in Proteastraat 166, Pacaltsdorp gehou.
Die begrafnis begin Saterdag om 09:00 met 'n besigtiging by die Gateway Ministries en diens in die George-gemeenskapsaal in Yorkstraat om 10:00 gevolg met die ter aarde bestelling daarna.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'