GEORGE NUUS - Hierdie musiek-leerders van Laerskool Outeniqua het hul eksamens met 'n gemiddeld van 91% geslaag.
Die gr. 7-leerders wat ook in hierdie eksamens uitgeblink het is vanjaar in die hoërskool.
Hul musiekonderwyseres, Anne-Marie Bucholz, ontvang weer 'n Unisa meriete-toekenning vir meer as tien kandidate wat met lof geslaag het.
Agter, van links is Jasmine van Rooyen (lof), Mia Steenkamp (lof) en Crisna Strydom (lof met ererol). Middel: Jody Treurnicht (eervolle vermelding), Leananka Olivier (lof met ererol) en Rubin Strydom (eervolle vermelding). Voor: Arno de Jager (lof).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'