Sedert 2006 geniet die OCC SA kampioenskapstatus van die South African Sports Association for the Physically Disabled en in 2008 en 2012 het dit gedien as kwalifiserende wedren vir atlete in die SA paralimpiese span. Prysgeld ter waarde van R236 000 is ter sprake.
Die Suid Afrikaanse kampioen, Ernst van Dyk, gaan sy 2014-titel in die handfietsafdeling verdedig. Van Dyk het deelgeneem aan elke OCC sedert die wedren se ontstaan.