GEORGE NUUS - 'n Oupa van George, Nico van der Westhuizen wat weet hoe om kinderharte bly te maak, het vir groot vreugde by Blue Mountain Estate gesorg waar hy 'n inwoner is. Hy en sy seun, Dries van der Westhuizen het kragte saamgesnoer en pakkies lekkers vir kinders uitgedeel.
Nico se huis is met Kersfeesliggies versier en hy het besluit om dit 'n stappie verder te neem.
Hy het toe ook sy Hi Lux bakkie met Kersfeesliggies versier en 'n bankie agter daarop aangebring.
Dries het aangebied om as Kersfeesvader op te tree. Nico het agter die stuurwiel ingeskuif en op 24 Desember het hulle 70 pakkies met lekkers op die landgoed gaan aflewer by kinders.
Volgens Jessica, sy skoondogter het die kinders baie daarvan gehou en wou weet wanneer gaan hulle dit weer doen.
Hulle het nie gras onder hulle voete laat groei nie en op Kersfees, Maandag 25 Desember, het hulle toe nog 'n verdere 200 pakkies gaan aflewe
"Die kinders het baie geniet. Die plan is om dit weer aanstaande jaar te doen," het sy vertel. Vir dan sal hulle behoorlik vooraf goed beplan.
Jessica het gesê haar skoonpa het 12 kleinkinders. "Kinders lê hom baie na aan die hart.
"As mense die gesigsuitdrukkings kon sien toe die pakkies uitgedeel is, sou hulle besef dis alles die moeite werd."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’