GEORGE NUUS - George se onderburgemeester, Charlotte Clarke, het nog 'n titel: Ouma.
Clarke het verlede week, op Mandeladag 18 Julie, die eerste keer ouma geword en jy gaan ver in George soek om so 'n trotse ouma te vind.
Dit is die eersteling van haar dogter, Kelly-Anne en haar skoonseun, Trevor Barnard.
Clarke se man, Clifford, is net so trots op hul eerste kleinkind. Die kleinding, Gabriel, is in Mediclinic George gebore en het 3,460 kg by geboorte geweeg.
Clarke het gesê hy lyk net soos hul seun, Anson, toe hy 'n baba was. Toe die nuwe familielid net drie dae oud was, het sy al vir iemand vertel hy is klaar bederf. "Ons is opgewonde en bederf hom. Sy oupa het gehuil van trots toe hy hom sien."
Volgens Clarke sal sy help waar sy kan, maar uiteindelik is die kleinding die verantwoordelikheid van haar dogter en skoonseun. "Hulle moet hom grootmaak en verantwoordelikheid aanvaar."
Sy hoop hy is gesond.
"Ons sal sorg dat hy goed grootgemaak word met goeie maniere. Dit is nodig in vandag se tye."
Sy gee nie om watter beroep hy eendag volg nie. "Solank hy net goeie maniere het en 'n goeie landsburger is."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'