Die honderde betogers het motorbande in die strate aan die brand gesteek, vullishouers omgegooi en omstanders geïntimideer.
Hulle het na die munisipale kantoor in Voortrekkerstraat opgeruk waar nog bande verbrand is en 'n versoekskrif oor salariseise is aan burgemeester Gordon April oorhandig.
Die betogers het daarna na die depot gestap en oral langs die roete vullisblikke omgekeer en bande gebrand.
Foto's en artikel: Ilse Schoonraad