Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die tak-eienaar van LDP (Local Distribution Partner) George, het vanoggend sowat 180 kospakkies by Parkdene Sekondêr uitgedeel.
Elton October is n oudleerder van die skool en ’n inwoner van Parkdene.
Hy en sy vrou, Juliette, het gesien daar is nood en wou op hul manier teruggee.
Elke kospakkie het 'n waarde van ongeveer R350.
Derick Petersen, die skoolhoof, se hulle is dankbaar vir October, asook Love George wat ’n bydrae gelewer het.
Petersen sê die skool het al voorheen uit hul eie sakke kospakkies aan die skoolgemeenskap gegee, maar die skool het nog nie enige voorraad van die WKOD se voedingsprogram gekry nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'