GEORGE NUUS - 'n Oudinwoner van George en voormalige leerder van Hoërskool Outeniqua, Duhan van der Merwe, het vroeër vanmiddag 'n sleutelrol gespeel in die Skotse rugbyspan se oorwinning van 28-17 teen Italië.
Van der Merwe, wat deesdae in die nommer 11-trui (vleuel) vir Skotland uitdraf, het 'n drie gedruk en is boonop as die Man van die Wedstryd aangewys.
Die wedstryd is in Florence Italië gespeel.
Toe Van der Merwe onlangs sy debuut vir Skotland teen Georgië gemaak het, het hy ook 'n drie gedruk.
Tydens vanmiddag se internasionale televisie-uitsending van die wedstryd, was daar ook publisiteit vir George toe daar melding van sy grootword-dorp in die Wes-Kaap gemaak is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'