GEORGE NUUS - Die bekende oud-Springbok Pierre Spies, besoek George aanstaande week. Tydens sy besoek gaan hy onder meer verskeie skole besoek om met die jeug te praat en ook optree tydens 'n geleentheid van die Christian Revival Church (CRC) in George.
Jacques Vermaak, voormalige kaptein van die SWD Arende en deesdae betrokke by CRC, het gesê benewens die praatjies wat Spies sal lewer, sal hy ook deelneem aan 'n gholfdag.
Die gholfdag vind op 25 Julie by die George-gholfklub plaas. Die doel is om fondse in te samel vir CRC Cares-gemeenskapsprojek.
Daar is besluit om Spies te nooi sodat hy sy getuienis en sy lewensverhaal met mense kan deel. Dit is bekend dat Spies nie skaam is oor sy geloof nie. Hy is op die oomblik betrokke by CRC Pretoria en word opgelei as 'n pastoor onder die leierskap van pastoor At Boshoff. Die plan is dat hy die Donderdag en Vrydag skole soos Laerskool George-Suid, Hoërskool Punt, Glenwood, Hoërskool Outeniqua, York High en Hoërskool Pacaltsdorp sal besoek.
Die Vrydagaand is hy die gasspreker by CRC George en almal is welkom om die diens by te woon. Toegang is gratis en kinderkerk vir jong kinders beskikbaar.
Tyd: 18:00 vir 18:30
Meer inligting beskikbaar op www.crcgeorge.co.za en CRC George Facebook-blad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'