TUINROETE NUUS - Wat is nou lekkerder vir ‘n oudskolier as om sy alma mater te besoek? In die laaste twee naweke in Julie het nege reünie-groepe besoek by Oakdale kom aflê.
Klas van 1970, 1971, 1982, 1997, 2000, 2002, 2007, 2012 en 2017 het nie net die rugby teen HTS Drostdy en Paul Roos geniet nie, maar ook gesellig saam gekuier en goeie ou skooldae beleef.
Hoër Landbouskool Oakdale waardeer elke oudskolier en die bydrae wat hul tot ons skool gelewer het. Eenmaal ‘n Bul, altyd ‘n Bul.
Klas van 2012 skuif weer agter die skoolbanke in.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'