Update
GEORGE NUUS - Een van die vroue, Alvinia Draai (29) wat Saterdagaand in die ongeluk in Beachweg betrokke was, het gisteroggend, Maandag 6 Augustus, in die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Die ongeluk het omstreeks 23:30 by die Rosedale / Delvillepark-verkeerslig plaasgevind.
Draai en nog ‘n vrouepasiënt is Saterdagaand met ernstige beserings na die hospitaal geneem.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Shadelle Fisher, is die bestuurder van die voertuig vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Motorongeluk in Beachweg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'