Update
GEORGE NUUSFLITS - ‘n Voetganger wat verlede Donderdag 7 Desember deur ‘n nutsvoertuig raakgery is, het vanoggend, Vrydag 15 Desember, in die hospitaal gesterf.
Melissa Solomons (35) het saam met twee ander voetgangers, ‘n vrou en ‘n man, langs die N2-snelweg naby Sedgefield gestap toe hulle deur die voertuig getref is.
Die ander twee voetgangers, Sylvia Tienie, ‘n finalis van Sedgefield se Miss Full Figure-kompetisie en die manlike voetganger, Patrick Wagner (27), het op die toneel gesterf.
Volgens die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, wou die bestuurder van die voertuig glo ‘n botsing met ‘n ander voertuig verhoed, waarna hy die voetgangers getref het.
Sylvia Tienie het verlede week op die toneel gesterf.
Lees vorige artikels: Vrou sterf in N2-ongeluk
Lees meer in volgende week se George Herald, asook aanlyn.
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’