Update
TUINROETE NUUS - Fidelity services group het in 'n persverklaring die polisie en privaat sekuriteitsmaatkappye bedank vir hul flinke optrede wat verantwoordelik was dat drie verdagtes vanmiddag gearresteer is na 'n rooftog vanoggend by 'n vulstasie in Bridgton.
Volgens Wahl Bartman, uitvoerende hoof van Fidelity, het sy wagte gedetailleerde beskrywings gegee van die verdagtes wat tydens n padblokkade in die Outeniqua- pas aangekeer is.
Al die gesteelde geld is volgens Wahl teruggevind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'