Update
GEORGE NUUS - Die man van Nigerië, Jude Anthony Onah, wat verlede week vir die besit van sowat R5 miljoen se tik inhegtenis geneem is, het vanoggend in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 13 Maart.
Onah, wat eers vir regshulp aansoek gedoen het, het vandag die hof in kennis gestel dat hy sy eie prokureur wil aanstel.
Hy bly in aanhouding tot hy weer in die hof moet verskyn.
Lees 'n vorige artikel: Beweerde dwelmhandelaar in hof
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'