GROOTBRAK NUUS - Konstruksiewerk op die R102-pad tussen die Groot-Brakrivier Spar en Klein-Brakrivier sal teen 1 Desember begin.
Padgebruikers moes reeds vir etlike jare groot slaggate ontduik op dié pad wat toenemend verval het en oor die algemeen gebrekkig in stand gehou is.
Die koste vir die opgradering beloop ongeveer R150 miljoen.
Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, minister Donald Grant het bevestig dat dit minstens twee jaar sal duur voordat die totale projek voltooi is.
Motoriste moet daarop let dat die pad gedurende die vakansieseisoen meer verkeer sal dra en, soos met alle padwerke, sal daar stop-en-ry-beheerstelsels in plek wees.
'Ons bring jou die nuutste Grootbrak, Tuinroete nuus'