Peter Wiggett vier sy 80ste verjaarsdag saam met kollegas, Christo Jordaan (links) en Dolf Louw van Jordaan, Louw en Vennote, by wie hy onlangs as konsultant aangesluit het.
GEORGE NUUS - Peter Wiggett, ‘n boorling van George was in die vyftigerjare staatsaanklaer. Destyds was by bekend as die kroonvervolger, op George. Op 80-jarige ouderdom is hy die mees senior praktiserende prokureur op George.
Ná 50 jaar in diens van sy vorige praktyk, Heunis, Botha & Wiggett Ingelyf, het hy hom aan die begin van Oktober vanjaar by Jordaan, Louw & Vennote as konsultant aangesluit waar hy voortaan sy praktyk sal voortsit.
Hy het vir baie jare ook aktief deelgeneem en diens gelewer op die terreine van sport en onderwys.
Hy het vir baie jare op die skoolraad gedien en was ‘n stigterslid van Interm Komitee wat die aanvoorwerk gedoen het met die stigting van York High School.
Hy was later ook nou by die skool betrokke en het as voorsitter van die skoolkomitee gedien.
Op sportgebied was hy onder meer, span- en komiteelid van die George Krieketklub, onderkaptein van die George Gholfklub, lewenslange erelid van die George Sportklub en voorsitter van die George Skibootklub en Skietklub.
Wiggett se 80ste verjaarsdag is onder andere deur van sy kinders en kleinkinders, waarvan sommige in die buiteland woon, bygewoon.
Posted on: 06:00 Thu, 03 November 2011
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: