GEORGE NUUS - Go George-busdienste is vanoggend vir ‘n kort rukkie in die Parkdene-gebied ontwrig, maar het later na normaal teruggekeer.
Chantèl Edwards, kommunikasie bestuurder van die George-munisipaliteit, het vanmiddag by navraag gesê die dienste moes vir ongeveer ‘n uur weens taxi-onrus en die blokkering van Go George-busse by die ingang na Parkdene onttrek word.
Teen 06:50, met die hulp en intervensie van die polisie se eenheid vir openbare orde is die proses om diens te hervat geaktiveer en die busse was kort daarna weer op die roete.
Die situasie is bestuur deur George-munisipaliteit se verkeersafdeling en wetstoepassing, ondersteun deur die SAPD.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'