Oor minder as 72 uur is die Kerfees. Die winkels is besig en mense gee hul swaar verdiende geld uit.
Maar daar is 'n waarskuwing.
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die George-sakekamer, sê dis goed om Kersfees te vier. Dis 'n tyd om saam met familie en vriende deur te bring en te kuier.
Januarie lê egter voor. Hy waarsku dat mense hul nie moet laat mislei deur bemarkingsveldtogte en spesiale aanbiedinge nie.
"Behou jou fokus. Baie mense het al vroeër as gewoonlik hul salarisse ontvang en waarskynlik ook 'n bonus. Hou in gedagte Januarie kom nog. Dan is daar abnormale uitgawes soos byvoorbeeld skoolgelde. Van die dienste styg soos mediese fondse se tariewe styg ook gewoonlik van 1 Januarie
"Cilliers stel voor dat 'n familie 'n begroting gebruik. Waar moontlik haal emosies uit met die koop van Kersfees geskenke en ander Kersfees aankope
Baie belangrik is om te waak teen Kersaankope op krediet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’