GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Amptenare van Georgemunisipaliteit se afdeling vir gemeenskapsontwikkeling, raadslede, waaronder onderburgemeester Raybin Figland en die portefeuljeraadslid vir gemeenskapsontwikkeling, Brandon Adams, asook lede van die LGBTQIA-familie, het Dinsdagmiddag 26 April ‘n vrolike prentjie voor die George-stadsaal gemaak.
Hierdie inisiatief was ter bewusmaking van menseregte vir alle lede van die samelewing, in die gees van Vryheidsdag wat jaarliks op 27 April gevier word.
Dit is immers die dag van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994.
VIDEO'S: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'