GEORGE NUUS - Terugvoer oor die Kaaimanspas-ongeluk vroeër vanmiddag sal volg sodra amptelike inligting van die polisie ontvang is.
Die pas was vir ‘n wyle gesluit na die ongeluk, maar verkeer kan nou in beide rigtings beweeg.
Die George Herald het intussen met iemand gepraat wat as passasier kort voor 14:00 vanmiddag by die ongelukstoneel verby gery het.
Volgens die ooggetuie was Metro-ambulansdienste op die toneel.
‘n Toyota Tazz en Toyota Corolla was in die ongeluk betrokke.
Die Tazz se neus was in die rigting van George, en die Corolla in die rigting van Wilderness.
Volgens die oggetuie het ‘n kombi-taxi met ‘n stukkende deur ook langs die pad gestaan, maar dit is nie duidelik of die taxi deel was van die ongelukstoneel nie.
“Ons moes kort na die ongeluk daar verby gery het, want die verkeersvoertuie was nog oppad na die toneel,” het die ooggetuie gesê.
Dit is tans nie bekend hoeveel mense beseer is en hoe ernstig die beserings is nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'