GEORGE NUUS - 'n Blou Toyota Raider-bakkie met vier insittendes, het vanmiddag, Maandag 22 Maart omstreeks 15:20, langs die R102 op sy dak te lande gekom ná nog 'n motorongeluk op die berugte lughawe kruising.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het 'n Toyota Fortuner wat uit die rigting van die lughawe gekom het, die bakkie wat uit die rigting van Groot-Brakrivier na George onderweg was, skuins van agter teen die bak getref.
Die vrou en haar twee kinders in die Fortuner, sowel as die gesin van vier in die bakkie, het wonderbaarlik almal sonder beserings weggekom.
Pojie het bevestig dat slegs 'n ongeluksverslag geopen is.
Nog 'n motorongeluk het vroeër vanmiddag by die berugte lughawe kruising plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'