GEORGE NUUS - Groot opgewondenheid het verlede Dinsdag, 25 Mei, by Olympia Vaardigheidskool geheers toe Afrikadag gevier is. Leerlinge en onderwysers het kleurvol aangetrek om in te pas by die Afrikadag-tema en so ook die diverse kulture van Suid-Afrika uit te beeld.
Gerhard Haupt, skoolhoof van Olympia, het aan George Herald gesê daar is besluit om Afrikadag te vier en op die wyse erkenning te gee aan die verskillende kulture.
"Die leerlinge en onderwysers het almal volgens die Afrikadag-tema aangetrek. Daar was groot belangstelling by die leerlinge en onderwysers en daar was goeie deelname. Dit het kleur aan die dag gegee en gees op die dag gebring."
Dit was die eerste keer dat dit gehou is en daar word beplan om dit 'n jaarlikse geleentheid te maak.
Onderwysers van die Olympia-vaardigheidskool wat aan die Afrikadag vieringe deelgeneem het.
Pryse is aan die leerlinge en onderwysers, wat die meeste volgens die Afrikadag-tema aangetrek het, gegee. Volgens Haupt het die leerlinge dit baie geniet om die onderwysers in alternatiewe kleredrag te sien.
'n Wye verskeidenheid kulture is verteenwoordig. Hy het gesê om diversiteit te oorbrug moet dit ook by ander skole oorweeg word.
Die tema van Afrikadag is op gepaste wyse uitgebeeld by die Olympia Vaardigheidskool.
Blessing Mouyeket was die wenner in die afdeling vir leerlinge.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'