TUINROETE | KAROO NUUS - Karlo Truter, 'n gr. 10-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, het onlangs skitterend gevaar tydens die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie.
Tydens die kompetisie, wat vanjaar virtueel plaasgevind het, behaal Karlo 'n derde plek in die Wes-Kaap.
As deel van die Wes-Kaap se span eindig hy onder die Top-20-nasionaal. Hier behaal hy 'n 18de plek uit die groep van 990 deelnemers, wat ook deelnemers van Namibië insluit.
Welgedaan Karlo, dit wil gedoen word!
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'