GEORGE NUUS - Tragedie in Le Vallia - Inwoners van Le Vallia is in skok ná die liggame van 'n oudonderwyser, Lynn (61) en haar man, Kenneth Roman (59), in hul slaapkamer by hul huis in Fairwayweg gevind is. Dié tragedie het Donderdagaand, 6 Mei, afgespeel.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het hul seun sy ouers se lyke omstreeks 19:00 aangetref toe hy by die huis aangekom het. Hy het hulle laas lewend gesien toe hy die huis omstreeks 17:40 verlaat het.
"Albei het kopwonde opgedoen en 'n vuurwapen is in die kamer gevind," het Pojie gesê. Die vermoede bestaan dat Kenneth die wapen op sy vrou gerig het en daarna op homself.
Die vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur. "Omstandighede rondom die voorval word ondersoek," het Pojie gesê.
Die familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Teenager killed in Thembalethu
Thembalethu police arrested a 27-year-old suspect on a charge of murder following the death of a teenager (17). According to Pojie, police responded to a complaint at the George Hospital at about 16:40 on Sunday 9 May. "Upon arrival they found the deceased and the subsequent investigation led to the arrest of the suspect."
It is alleged that the victim was at a shebeen in Zone 9 at about 01:00 on Sunday when he was assaulted with a blunt object. The victim sustained head injuries. The suspect remains in custody and was scheduled to appear in court on Wednesday 12 May.
Rape in Rosemoor
The George Family Violence, Child Protection and Sexual Offenses Investigation unit (FCS) urgently seeks the assistance of the community in connection with the rape of a woman (24) in Rosemoor on 18 April.
According to Southern Cape police spokesperson, Capt Malcolm Pojie, the victim was on her way to her home in Maraiskamp at 03:00 when two men wearing balaclavas forced her into a yard at 15 Streepkoppie Street where both raped her.
Contact WO KC Botha on 044 803 4616 / 083 629 0175 or Crime Stop on 08600 10111. All information will be dealt with confidentially.
Diefstalklagtes teen troubeplanner
Verskeie klagtes van diefstal word teen 'n troubeplanner, wat glo bruide van die Tuinroete en reg oor die land ingeloop het, ondersoek. Tot dusver is klagtes in Mosselbaai, Oudtshoorn en George aanhangig gemaak.
Die bedrae beloop honderde duisende rand. Susterkoerante George Herald en Mossel Bay Advertiser het onlangs berig oor bruide wat deposito's aan 'n troubeplanner betaal het maar geen dienste ontvang het nie.
Die Da Gamaskop-polisie het aanvanklik 'n bedrogsaak vir verdere ondersoek oopgemaak, maar na konsultasie met die staatsaanklaer is besluit om die klagtes na dié van diefstal te verander. Tot dusver is daar ses klaers.
Kontak kapt. Carel Cornelius by 079 879 9003 met inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'