Update
GEORGE NUUS - Die Harmony-sentrum het by 'n sopkombuis in Bossiegif betrokke geraak en sedert hulle hand bysit daar, het die omstandighede waaronder die sopkombuis-'ma', Mita Matroos werk, baie verbeter. Matroos voed kinders van die buurt al vir jare uit haar potte.
Adv. Lukas du Preez, wat onlangs ook by die Harmony-sentrum betrokke geraak het, het bewerkstellig dat 'n vraghouer en braaiplek opgerig is waar Matroos kan kosmaak.
'n Skerm is ook op Maandag 12 Desember rondom die braaiplek aangebring om dit veiliger te maak en die wind uit te hou.
Harmony ondersteun Matroos op 'n deurlopende basis deur kosdonasies waarvoor daar altyd 'n groot behoefte is.
Vir meer inligting, kontak Venter by 076 240 2347 of venterliane@gmail.com.
'n Skerm is rondom die braaiplek opgerig.
Die kinders van Bossiegif is lief vir hulle sopkombuistannie, Mita Matroos. Lukas du Preez van Harmony Spiritual and Emotional Healing Centre het gesorg dat sy 'n vraghouer en braaiplek kry, wat hierdie week ook nou met 'n skerm afgesper is om wind af te keer en die braaiplek veiliger te maak.
Vorige artikel: Uitreik in Bossiegif werp vrugte af
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'