GEORGE NUUS - Skaars 'n week ná Leonie Williams van Rosedale begrawe is, het nog 'n tragedie dié gemeenskap getref.
Franzlyn Willemse (18) is vanag tydens 'n voorval doodgesteek.
Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie was om 01:15 op die toneel. Met die polisie se aankoms op die toneel, het die slagoffer in die pad gelê. “Hy is met n steekwond in sy bors aangetref," het Pojie gesê.
Volgene Pojie, is Willemse op die toneel dood verklaar.
Pojie het ook bevestig dat 'n 16-jarige verdagte in aanhouding by die Pacaltsdorp-polisiestasie is.
Volgens lede van die gemeenskap, het Willemse se vriende die voorval aanskou, en is hulle baie getraumatiseer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'