GEORGE NUUS - Mense word deur die polisie gemaan om liefs in groepe te gaan draf of stap. Minder as twee maande ná 'n 44-jarige vrou in November 2017 in die Blanco-omgewing wreed verkrag is, het dieselfde noodlot 'n slagoffer op die R102 getref.
Op Sondag 7 Januarie, omstreeks 18:00 is 'n drawwer (25) van George deur 'n onbekende man langs die R102 genader.
Hy het aangedring om saam met haar te draf waarna hy haar oorval en in die bosse langs die pad verkrag het.
Hy haar selfoon gevat en te voet gevlug.
Die slagoffer, met verskeie kneusplekke wat sy tydens die stoeiery met die verdagte opgedoen het, is deur 'n verbygaande motoris raakgesien wat haar na die George-polisiestasie geneem het.
Die voorval het naby die Gwaiingpad-afrit plaasgevind.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
* The police have cautioned residents to walk or run in groups. Less than two months after a 44-year-old woman was raped near Blanco in November 2017, another female jogger was raped in the same area.
On Sunday 7 January, around 18:00, a jogger (25) from George was approached by an unknown man next to the R102. He demanded to run with her and then attacked and raped her in the bushes next to the road. The police are still looking for the rapist.
Lees verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'