Update
GEORGE NUUSFLITS - Nog drie verdagtes is Vrydag 8 Junie in verband met Gershwin Verlaat se moord in hegtenis geneem.
Verlaat se liggaam is Saterdagoggend, 2 Desember in Genesisstraat gevind met wonde aan sy kop.
Die drie verdagtes, Kennith Windwaai, Eswyn van Rooyen en Michael Campher, het vandag, Maandag 11 Junie saam met die vier verdagtes, Charldon Heynes, Kesharne Mostert, Marlen Willeman en Brenton Pato, wat in Desember in verband met Verlaat se moord in hegtenis geneem is, verskyn.
Al sewe verdagtes sal weer op 27 Junie in die George-landdroshof verskyn.
Die aanval op Verlaat was klaarblyklik 'n wraakaanval na Pato se broer, Johnwin (19), omstreeks 01:00 die vorige nag naby sy huis in Lotsstraat doodgesteek is.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'