GEORGE NUUS - Nóg twee verdagtes is in verband met Graham Fielies (37) van New Dawn Park, se moord in hegtenis geneem.
Daar is nou agt verdagtes in dié saak. Jonathan Williams (36) en Adrian Jantjies (30) het verlede week in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 18 Desember uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek.
Fielies is na bewering Vrydagmiddag, 1 Desember, omstreeks 14:00 deur 'n groep mans in 'n lokval gelei waarna hy aangerand is.
Hy het later die aand in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Die ander ses verdagtes in die saak, Johannes Boesak (34), Hayworth Botha (33), Daniel Bruiners (43), Nertle Damons (32), Ryno Joubert (35), Remano Matolla (32), verskyn ook weer 18 Desember.
Al die verdagtes bly in aanhouding.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'