GEORGE NUUS - Telkemale hierdie afgelope week het die trotse emosies van oud-Kwaggas, huidige Kwaggas- alle Kwaggas- in variante van die bostaande dialoog navore getree.
Breë bors is daar eienaarskap geneem vir die uitnemende prestasies en dis ook hoe dit hoort!
Tog word daar gesê dat woorde wek, maar voorbeeld strek en die afgelope week het Outeniqua uit gehaal en gewys, sonder grootpraat, maar eerder deur harde werk en nederigheid.
Nie net het oud Kwagga, Branden Grace, die eerste Suid-Afrikaaner in n dekade geraak wat die Nedbank Golf Challenge by Sun City gewen het nie; nie net het Warrick Galant of "Boogie" soos hy bekend staan in Kwaggaland uit gedraf op díe veld vir die Springbokke en 'n drie dedruk in sy eerste volle wedstryd nie, maar Maandagoggend 26 November is Demi-Leigh Nel Pieters, Hoërskool Outeniqua hoofdogter 2013, aangewys as mej. Heelal.
Alhoewel hierdie legendariese kwaggas hul spore voor die huidige kwaggas in kwaggaland gelaat het, bly die impak van hul voorbeeld steeds 'n strewe en realiteit.
Die volgende was gesê in reaksie op die blink prestasies: Eben Spannenberg, ‘n kranige gholfspeler in die huidige kwaggaholfspan, "Branden Grace is n groot inspirasie vir alle jong gholfspelers in S.A, insluitend myself.
"Daarom ek is trots daarop om ook soos hierdie oud-Kwagga deel te wees van Outeniqua se familie."
'n Gevoel van 'n groter eenheid was in Braam van Huyssteen, Hoofseun 2018 en eerstespanspeler, gekweek deur Boogie (Warrick Galant) se sukses, want hy sê "As ‘n eerstespan rugbyspeler is ek , asook die duisende voor my, bevoorreg om die swart trui oor my kop te trek wat nog ‘n Springbok opgelewer het.
Warrick Galant
Die Kwaggas is baie trots op Warrick se reuse prestasie en terselfdetyd geïnspireer om in sy voetspore te volg en ons drome te verwesenlik."
En dis die verwesenlik van drome wat sinoniem is met Demi-Leigh Nel Pieters, aangesien dit haar boodskap reeds voor mej Suid-Afrika, by die besoek aan ons skool, haar alma mater, was.
Sy het reeds toe al die voorbeeld gestel van wat bereikbaar is deur harde werk en deursettingsvermoë.
Daarom spreek hierdie drie afsonderlike gebeurtenisse, prestasies in hul eie reg, elkeen eerder van die harde werk, Nabilitat labor (die edel arbeid) wat tesame met nederigheid ingespan is.
Branden Grace
En so kan ons aanhou sing: "Outeniqua, Outeniqua, bly ons wagwoord en ons krag."
Redakteur: Geskryf deur trotse kwagga, Melissa Vorster hoofmeisie 2018
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'