GEORGE NUUS - NGK Blanco-gemeente bied Saterdag 4 Augustus om 09:00 by die 4 Brothers Aartappelstoor, altesaam 38 geskenkte beeste se maalvleis, braaiwors, filet, kruisskyf en sopvleis aan asook 20 skape en 10 varke se verpakte vleis. Verder is daar ook heerlike droëwors, biltong en poeding.
Basaargangers kan ook uitsien om te kom smul aan die lekkerste biltong, droëwors, hamburgers, worsbroodjies, koeke, beskuit, klein koekies, koeldrank, pannekoeke en kerrie-en-rys, in die teetuin terwyl daar lekker op-en-wakker musiek gespeel word!
Nico van Rensburg, Johan van Greunen en Liz Del La Bat het saam met die gemeentelede hierdie massiewe taak op hul skouers geneem om weereens hierdie jaar se Vleismark en minibasaar te reël en is almal in die gemeente in rep en roer om 'n groot sukses daarvan te maak.
Nico sê die vleis is soos in die verlede van uitstaande gehalte en verwag dat kopers van oral sal stroom om te kom koop.
Die vleis is soos in die verlede van uitstaande gehalte en verwag dat kopers van oral sal stroom om te kom koop.
Vir meer inligting kontak gerus vir Nico van Rensburg by 083 635 9907 of vir Johan van Greunen by 082 870 3477.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'