Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die strate is nie die beste plek nie, maar sommige haweloses voel hulle het geen keuse nie.
Morné Nelson (42) sê hy en Tanya de Bod, sy saamleefmaat vir die afgelope agt jaar, is weer op straat na hulle onlangs by die tydelike tuiste by Rosemoor-stadion uitgestap het. Volgens Nelson was dit nie veilig nie omdat De Bod se beursie met al haar persoonlike inligting daarin gesteel is.
“Ek moes intussen weer vir haar ‘n tydelike ID kry, die res van haar goed het ons nie teruggekry nie.” Hy vertel in Rosemoor is tot flitsbatterye gesteel, die storte en wasbakke is as toilette gebruik en dwelms was oral.
“Ek het dit gaan aanmeld en daar is nie aandag aan gegee nie. Ek het dit toe aan mnr. Maralack, wat in beheer van die stadium is, oorgedra waarna die polisie ingebring is. Daar is twee bokse vol dwelms en wapens uitgedra.”
Hy was bekommerd dat De Bod se gemoedstoestand nie die deurmekaarspul kan hanteer nie, juis omdat sy paniekaanvalle kry of net aan die huil gaan. Vir hom sal ‘n werk van sy eie ‘n groot verskil maak, want dit sal beteken dat hy vir hulle ‘n blyplekkie kan kry.
Hy sê hy het sy vorige werk verloor omdat Tanya siek was, en hy moes afvat om na haar om te sien. Nelson meen as hy net een geleentheid kry om te kan werk, sal hy ‘n lewe kan bou vir hulle twee.
Athane Scholz, kommunikasiebestuurder van George-munisipaliteit, sê Covid-19 het genoodsaak dat die haweloses by Rosemoor-stadion tydelik gehuisves word. “Dit het baie ekstra uitdagings meegebring wat baie moeilik is om aan te spreek binne die munisipaliteit se mandaat.”
Sy sê die munisipaliteit het sekerheidswagte aangestel om toegang te kontroleer asook die algemene gedrag van die mense. Scholtz sê die stadion is daar om haweloses gedurende grendeltyd van die strate af te hou, maar hulle kan nie teen hul wense daar gehou word nie.
Sy sê baie van die mense daar hou by die reëls, maar sommige loop en word dan later weer deur die polisie teruggebring. “Dit gebeur gewoonlik in die nag. Hierdie mense moet dan weer vir Covid-19 getoets word.” Ook sê sy indien dwelms en of wapens gekry word, word dit by die polisie aangemeld en so ‘n persoon word gearresteer.
Kyk 'n video hieronder:
Kapt. Malcom Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê volgens die Conville-polisiebevelvoerder is daar nie onlangs klagtes vanaf die stadion ontvang nie - veral nie rondom dwelms of wapens wat ingebring is nie.
Pojie sê daar is wel drie weke gelede lede uitgestuur om ongewenste karakters daar te belet. “Die ongewenste persone is van die perseel verwyder. Daar is geen kriminele klagtes aangemeld nie.”
Volgens Pojie gaan die sektorbevelvoerder van Conville-polisie weer ‘n vergadering met die bestuur by Rosemoor bywoon.
Esther Lewis, die woordvoerder van die department sosiale ontwikkeling, sê hulle en ander rolspelers is besig om ‘n plan saam te stel waar daar gekyk sal word na langtermynplanne vir die hawelose. Soos om herenig te word met familie asook die sosiale uitdagings wat daarmee gepaard gaan.
“Ons vra inwoners wat graag wil help, om geregistreerde NRO’s te kontak en so hul hulp aan te bied.”
As enigeen vir George Nelson ‘n kans kan gee, kontak hom by 079 298 3046.
Nelson meen as hy net een geleentheid kry om te kan werk, sal hy ‘n lewe kan bou vir hulle twee.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'