GEORGE NUUS - 'n Intensiewe en deeglike ondersoek deur ao. John Boezack van die George-speureenheid, het verseker dat 'n man wat sy niggie koelbloedig doodgeskiet het, vir 15 jaar lank agter tralies gaan sit.
Die moordenaar, Shaun van Rhyn (44), is op Dinsdag 6 Desember in die George-streekhof gevonnis. Dit volg ná hy sy niggie, Wilmie van Rhyn (29) op 24 Desember 2020 in die Fortuin-plakkerskamp in Blanco, doodgeskiet het.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, sers. Chris Spies, het Wilmie aan die passasierskant van haar kêrel se VW Jetta gesit, toe haar neef voor die kar gaan staan het en haar aan die linkerkant van haar bors geskiet het.
"Sy is na die George-hospitaal geneem vanwaar sy later na Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas is. Sy het ongelukkig op 1 Januarie 2021 aan haar wonde beswyk," sê Spies.
Shaun was sedert sy inhegtenisname in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'