GEORGE NUUS - Oktober is Nasionale Vervoermaand en verskeie aktiwiteite vind plaas om padgebruikers sensitief vir padveiligheid te maak.
‘n Padblokkade is vanoggend, 2 Oktober, op die N2 aan die suidekant van George gehou.
Van die padgebruikers is gestop om onder meer te kyk of hul n geldige rybewys het en of hul voertuie padwaardig is.
Daar is ook gekyk na die moegheid van bestuurders, die dra van sitplekgordels en of mense nie onder die vloed van drank/dwelms bestuur nie.
Verskeie wetstoepassingsinstansies en die privaat sektor was ook betrokke.
Geskenkpakkies is uitgedeel waaronder inkleurpotlode/boeke vir kinders en wenke vir padveiligheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’