GEORGE NUUS - Hierdie pragtige foto van die skoolhoof van George Preprimêr (GPP), Rika van der Merwe (links) saam met leerders van die skool en Lindy de Kock (regs), destyds die fondsinsamelaar en skakelbeampte van die Gemeenskapskas, het 18 jaar gelede op 16 November 2000 op die voorblad van die George Herald verskyn.
Van der Merwe het in 1986 by die skool begin skoolgee, en is vandag steeds skoolhoof by GPP.
Die Gemeenskapskas was 'n fondsinsamelingsprojek ten bate van plaaslike liefdadigheidsorganisasies.
'n Barometer by die verkeersligte tussen CJ Langenhovenweg en Yorkstraat het destyds 'n aanduiding gegee van die fonds se stand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'