Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Aanduidings is dat vanjaar se somer in die Suid-Kaap natter gaan wees as die afgelope paar jaar.
Gerhard Ottto, hoof van rampbestuur by die Garden Route-distriksmunisipaliteit, het by navraag gesê die Suid-Afrikaanse weerdiens het hulle ingelig dat 'n "normale" reënseisoen voorspel word vir vanjaar.
Daar moet egter in gedagte gehou word dat die streek die afgelope agt jaar 'n erge droogte beleef en minder reën ontvang het as gewoonlik. Meer reën in die komende maande as die afgelope paar jaar, sal veral goeie nuus vir die landbou wees.
Volgens hom het die weerdiens in 'n skrywe ook aangedui dat die kanse vir 'n La Niña-siklus tydens die komende somermaande skerp toegeneem het. Dit beteken dat meer as normale reënval in die meeste dele van die land kan val. In die algemeen kan bo normale temperature tydens lente en laat lente ook voorkom.
In die Suid-Kaap is die reënseisoen gewoonlik in Oktober/November. In ander dele van die Wes-Kaap is dit gedurende Julie.
Otto het gesê die distriksmunisipaliteit kyk na watersekuriteit en dateer inligting elke maand op. Dit is teen dié agtergrond dat die inligting baie belangrik is. Daar word gekyk hoeveel water elke munisipaliteit tot sy beskikking het.
Dit is die tyd van die jaar belangrik want in die vakansietyd verdubbel die waterverbruik in die algemeen as gevolg van die besoekers. Die beskikbare waterkapasiteit is afhanklik van verskeie faktore, byvoorbeeld donderbuie deur die jaar en sneeu. Dit het vanjaar goed gesneeu in dele van die streek en dit help met watersekuriteit.
Kyk 'n video hieronder:
Die sneeu het in Ladismith 'n groot impak wat hoofsaaklik afhanklik is van grondwater. Selfs in George het daar vanjaar die eerste keer in 18 jaar sneeu geval by die kommunikasietoring teen die berg.
As dit sou reën in die komende maande, sou dit kon help en hy is versigtig optimisties, maar dit sal nie beteken die droogte is verby nie. Hy waarsku dit sal 'n hele paar seisoene behoorlik moet reën voordat die droogte gebreek is. Daar moet onthou word baie van die dorpe het beperkte stoorkapasiteit.
Al sou dit reën, moet mense steeds water spaarsamig gebruik en onthou dat die streek eindelik waterarm is.
Geen vloede en erge oorstromings word verwag nie en rampbestuur is gereed vir enige moontlike gebeure.
Indications are that this year's summer in the Southern Cape will be a wet season. The Southern Cape is supposed to record good rainfall in October/November, but this has not been the case in previous years. Gerhard Otto, head of disaster management at the Garden Route District Municipality, said that a "normal rain season" is predicted.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'