GEORGE NUUS - Twee musiekleerders van Hoërskool Outeniqua, Mia Moore (in wit, 91%) en Lente Treurnich (in grys, 89%), het uitstekend gevaar in die 2020 nasionale matriekeksamen.
Albei het te midde van baie uitdagende omstandighede voorberei vir hul eksamens.
'n Hartlike dank gaan aan Elisabeth Potgieter (sang) en Michael van der Walt (saksofoon) vir hul onderrig en ondersteuning.
Saam met hulle is die skool se musiekonderwysers, van links: K Liebenberg, K Netley en L Petersen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'