GEORGE NUUS EN VIDEO - Die dames van MTO Forestry het hul goeie daad vir Mandeladag so 'n dag vroeër gedoen. Hulle het die Kansa-sorgtuiste in George besoek waar hulle 'n paar kankerpasiënte se dag opgevrolik het.
Merle Singh sê dit is die tweede jaar wat hulle kombersies vir die kankerpasiënte bring.
Hulle het ook 'n groot mandjie met vrugte en lekkerruik-badgoedjies gebring. Singh sê hulle is betrokke by 'n hele paar projekte.
"Die een is egter eie aan die administratiewe dames van MTO. Ons kollega, Lizel, het die lap gekoop en haar ma het die mooi kombersies gemaak."
Die groep het verlede Woensdag die kombersies aan Angela Appels, die bestuurder van die huis, oorhandig. Elke vrou kon vir haar 'n kombersie kies en was vreeslik opgewonde oor die mooi sagte kombersies.
Kyk video's hieronder.
Die groep pasiënte van die Kansa-sorgtuiste in George was dankbaar om die skenkers van die oulike handgemaakte kombersies te leer ken.
'Ons bring jou die nuutse George, Tuinroete nuus'