GEORGE NUUS - 'n Gedeelte van PW Botha Boulevard, aan Stanmar Motors se kant naby die Tuinroete-DBV, is gesluit vir verkeer ná 'n motorongeluk kort gelede.
Volgens inligting het die insittendes van 'n Toyota Etios en 'n BMW ligte tot ernstige beserings opgedoen, maar geen sterfgevalle is aangemeld nie.
Die oorsaak van die ongeluk tussen die twee voertuie moet nog vasgestel word.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'