GEORGE NUUSFLITS - 'n Motorfietsryer is lig beseer toe sy motorfiets vroeër vanmiddag, Sondag 21 Januarie, met 'n Kia Sportage-nutsvoertuig in die Outeniquapas gebots het.
Die bestuurder van die motorfiets het na bewering om 'n draai beheer verloor en in die teenoorgestelde baan beland.
Hy het die Kia aan die sykant op die wiel getref.
Eden911 het die pasiënt, met beserings aan sy gewrig, na die Mediclinic George vervoer.
Niemand in die Kia is beseer nie.
Die bestuurder van die motorfiets is slegs lig beseer na hy met die Kia gebots het.
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'