GEORGE NUUS - Die leerders en opvoeders van Pacaltsdorp Primêre Skool is ewe opgewonde oor vanoggend se verrigtinge by die skool.
Die skool se eerste colour run is met brullende motorfietse van CC Riders Garden Route, 'n plaaslike motorfietsklub, afgeskop.
Kinders is verras met paaseiers wat deur die klub ingesamel is deur donasies van verskeie ander motorfietsklubs in die omgewing.
Van die onderwysers het sommer agter op 'n motorfiets gespring en gevoel hoe so 'n pragtige ryding oor die sportveld gly.
Dié lot maak reg vir die skool se eerste colour run ooit.
Motorfietse galore! Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’