GEORGE NUUS - 'n Motoris wat hom misgis het met die nat weer in George is die jongste slagoffer van die Outeniquapas.
Die bestuurder van 'n sedan-motor het vroeër vanmiddag op dié berugte bergpas beheer oor sy voertuig verloor, waarna die voertuig op die pas gerol het.
Die bestuurder is ongedeerd.
ER-nooddienste was op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'